'n Behoeftebepalingsmetodologie vir die ontwerp van 'n bestuursinligtingstelsel in 'n bedryfsgerigte navorsingsonderneming
Inligting as 'n strategiese hulpbron word in 'n toenemende mate al hoe belangriker vir ondernemings wat professioneel - ooreenkomstig die wetenskaplike bestuursbeginsels - bestuur word. In die artikel word 'n onderneming wat wetenskaplike bestuur as hoofdoelwit aanvaar, ondersoek. As gevolg daarvan moes die bestuursinligtingstelsel so verbeter en ontwikkel word ten einde die verskillende vlakke van bestuur van akkurate en tydige besluitnemingsondersteunende inligting te voorsien. In hierdie navorsingsprojek is 'n konseptuele model ontwikkel om die ontwikkelaars van 'n verbeterde inligtingstelsel te voorsien sodat die regte inligting die verskillende vlakke van bestuur sal bereik, en ook om die eksterne inligtingsgebruikers se behoeftes te bevredig. Die model kyk na die inligtingsbehoeftes van die vier verskillende vlakke van gebruikers volgens die piramiedestruktuur asook na eksterne inligtingsbehoeftes en interne faktore wat in ag geneem moet word vir die suksesvolle implementering daarvan.
Year of publication: |
1993
|
---|---|
Authors: | Bruwer, P. J.S. |
Published in: |
South African Journal of Business Management. - Cape Town : African Online Scientific Information Systems (AOSIS), ISSN 2078-5976. - Vol. 24.1993, 1, p. 11-17
|
Publisher: |
Cape Town : African Online Scientific Information Systems (AOSIS) |
Saved in:
freely available
Saved in favorites
Similar items by person
-
Faktore wat die werkverrigting van rekenaargebaseerde inligtingstelsels beïnvloed
Bruwer, P. J.S., (1983)
-
MIS problems in a batch processing environment
Bruwer, P. J.S., (1983)
-
'n Ondersoek na die aanwending van mikrorekenaarstelsels in klein sakeondernemings in Suid-Afrika
Bruwer, P. J.S., (1986)
- More ...