Ondernemingsrasionalisasie: Vernuwer of vernietiger van u werkerskorps
Die rasionalisering van ondernemings in die Westerse wereld het amper 'n geintegreerde deel van moderne bestuurstrategie geword. Die verskralingsindroom, so blyk dit, is die gewildste keuse onder bestuur. Dit is deur baie studies bewys, dat verandering een of ander vorm van weerstand onder werknemers kweek. Verandering, soos dit deurleef word tydens verskraling en waar personeelvermindering inherent aan die proses is, skep sy eie unieke reeks vrese en verwagtings onder werknemers. Hierdie studie analiseer die ondervindinge van werknemers tydens fases van destruktiewe verandering. Die hipotese wat getoets is, is dat beduidend meer werknemers die proses as uiters negatief sal ervaar en dat die grootste faktor wat negatiwiteit beinvloed werksekuriteitbedreiging sal wees. Daar is bevind dat alhoewel 'n beduidende aantal van die werknemers aangedui het dat verandering in hul organisasies noodsaaklik was, was hulle terselfdertyd bitter ongelukkig oor die wyse waarop verandering in die organisasie toegepas is. Daar is ook bevind dat die hoofoorsaak vir ongelukkigheid werksekuriteitbedreiging was. Vervolgens is daar statisties beduidende bewys dat goedbeplande, goedgestruktureerde veranderingspogings met 'n duidelike begin en 'n einde baie minder stress en ongelukkigheid veroorsaak as pogings wat onbeplan, ad hoc en amper tydloos van aard is.
Year of publication: |
1989
|
---|---|
Authors: | Claassen, P. ; Backer, W. |
Published in: |
South African Journal of Business Management. - Cape Town : African Online Scientific Information Systems (AOSIS), ISSN 2078-5976. - Vol. 20.1989, 3, p. 134-143
|
Publisher: |
Cape Town : African Online Scientific Information Systems (AOSIS) |
Saved in:
freely available
Saved in favorites
Similar items by person
-
The economic development of the Transkei
Backer, W., (1970)
-
Job satisfaction : a major requirement for higher productivity
Backer, W., (1976)
-
Labour relations in Israel : Part I
Backer, W., (1991)
- More ...