Riglyne Vir Die Hersiening Van Omgewingsverwante Wetgewing Ter Verwesenliking Van Die Reg Op Toegang Tot Voldoende Voedsel (Guidelines for the Review of Environmental-Related Legislation Regarding the Realisation of the Right to Access to Sufficient Food)
Afrikaans Abstract: Die ontwikkeling van effektiewe wetgewing vir die progressiewe verwesenliking van die reg op toegang tot voldoende voedsel, word as ʼn internasionale en nasionale doelwit bestempel. Artikel 27(2) van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996 plaas ʼn mandaat op die Suid-Afrikaanse regering om (binne sy beskikbare middele) redelike wetgewende en ander maatreëls te tref om inter alia die reg op toegang tot voldoende voedsel toenemend te verwesenlik. Die Verenigde Nasies se Food and Agricultural Organization (FAO) stel 'n drie-vlak strategie vir die implementering van die reg op voedsel op 'n nasionale wetgewende vlak voor, naamlik deur: grondwetlike erkenning, die implementering van 'n raamwerkwet en die hersiening van relevante sektorale wetgewing. Hierdie bydrae fokus op die laaste vlak van wetgewende voorsiening, naamlik die hersiening van relevante sektorale wetgewing. Die reg op toegang tot voldoende voedsel beskik oor multidimensionele, interdissiplinêre en kruis-sektorale eienskappe wat gevolglik ʼn variasie van sektore betrek by die verwesenliking van die reg op toegang tot voldoende voedsel. Die FAO is van mening dat die bedoelde oogmerk sal wees om alle sektorale wetgewing wat 'n moontlike invloed op die beskikbaarheid, stabiliteit, toeganklikheid en toereikendheid van voedsel kan uitoefen, te identifiseer en te hersien aan die hand van sekere uitgekristalliseerde hersieningsriglyne. Die FAO se hersieningsproses is omvangryk en uiteenlopend en daarom word daar vir die doel van hierdie bydrae slegs op die hersiening van relevante sektorale omgewingswetgewing gefokus. Die FAO maak egter nie aanbevelings ten opsigte van die spesifieke aspekte wat in omgewingsverwante wetgewing vervat moet wees ten einde by te dra tot die toenemende verwesenliking van die reg op toegang tot voldoende voedsel nie (met ander woorde die aspekte waaraan omgewingsverwante wetgewing geëvalueer kan word). Daarom bevat hierdie studie saamgestelde hersieningsriglyne wat gebruik kan word by die hersiening van omgewingsverwante wetgewing
Year of publication: |
2016
|
---|---|
Authors: | Snyman, Inge ; Terblanche, Anél |
Publisher: |
[S.l.] : SSRN |
Saved in:
freely available
Extent: | 1 Online-Ressource (34 p) |
---|---|
Type of publication: | Book / Working Paper |
Language: | Afrikaans |
Notes: | In: Potchefstroom Electronic Law Journal, Vol. 18, No. 5, 2015 Nach Informationen von SSRN wurde die ursprüngliche Fassung des Dokuments December 11, 2015 erstellt |
Source: | ECONIS - Online Catalogue of the ZBW |
Persistent link: https://www.econbiz.de/10014128854
Saved in favorites
Similar items by person